Welkom by Boermedia
Boermedia Aanbieders

Johan van der Merwe
Boere-filosoof en sosiale media kommentator.

Tiaan Theron
Aanbieder van landbou programme en breë volkspolitieke aspekte.

Koot van der Ryst
Bemarkingsbestuurder, programkoordineerder en tegniese versorger.

Alwyn de Klerk
Aanbieder van kultuur en geskiedenis programme.

Andrew Kennedy
Sosiale media strateeg, skrywer en aanbieder van humoristiese materiaal.

Hennie Alberts
Aanbieder van programme rondom Siener van Rensburg se visioene.

Visie
Om die leier te word in die vervaardiging en aanbieding van relevante media inhoud aan elke person wat hulle met die Boere of Afrikaners se kultuur assosieer. ‘n Identiteit met duidelike buitelyne is nodig om die liberale en wettelose aanslag op ons kultuur, taal en geloof te beveg met alles binne ons. Aktiewe deelname sal ‘n toekoms vir jou nageslag verseker.
Missie
Om ‘n stem te gee aan ‘n kulturele minderheidsgroep deur platforms te skep vir stemme in hierdie groep, gebou op innoverende en kreatiewe idees binne die moderne media konteks.
Doelwit
Die Grondwet bepaal die reg van minderheidsgroepe om hulle kultuur uit te leef en te bevorder. Tans is daar niemand wat aan die Boere en Afrikaners ‘n platform bied om hulle stem te laat hoor nie. Boermedia se doelwit is om hierdie platform te bou, vir jou om saam te gesels, saam te luister, saam te lag en saam te huil. Ons doel is om gebruik te maak van moderne media toepassings om jou op hoogte te hou van nuus wat nêrens anders uitgesaai word nie, om jou toegang te gee tot debatte wat niemand bereid is om te voer nie, om jou te laat lag vir ons mense en hulle dinge en om saam met jou te huil oor die hartseer wat so baie van ons mense ervaar. Media-inhoud uit ons mense vir ons mense…
