Word deel van ons groeiende sake netwerk, bou jou toekoms en ondersteun volkseie mense. Ou probleme kort nuwe oplossings, daai oplossings word deur die lede van BOERMEDIA uitgevoer.
Adverteer by ons "Livestream" Regstreekse Uitsaai Geleenthede
Hiermee verskaf ons die nodige inligting en besonderhede om in een van BOERMEDIA se regstreekse uitsaai-geleenthede te adverteer. Ons sien uit daarna om jou besigheid die blootstelling te gee wat dit verdien. Handelsmerk vestiging vind plaas terwyl mense na beeldmateriaal kyk wat hulle geniet.
Voorbeeld: Regstreekse uitsending van Bondedag 2026
BLOOTSTELLING VIR JOU BESIGHEID
Ons platform bied unieke blootstelling aan 'n gespesialiseerde mark:
Facebook: 154 000 volgers
YouTube: 29 600 intekenare
WhatsApp-groepe: Ons deel skakels via gemeenskappe, wat dit verder versprei na familie en vriende.
Teikengehoor: Afrikaanse gehore in Suid-Afrika (Nasionaal) en wêreldwyd (internasionaal).
ADVERTENSIE-INLIGTING
Advertensie Tipe:
Die advertensie is 'n L-vorm inskuif advertensie, wat beteken dat dit subtiel bo-oor die regstreekse video verskyn sonder om die inhoud te versteur. Die kyker kan steeds die aksie op die uitsending volg. Jou advertensie kry die aandag wat dit verdien.
Tydsduur:
Elke advertensie is 30 sekondes lank en word deur BOERMEDIA vervaardig in samewerking met jou span. Jy kan ook jou eie advertensie voorsien. Tydens 'n regstreekse uitsending rol ons die advertensies ten minste een keer per uur in.
ADVERTENSIEPAKKETTE
Ons bied verskeie advertensiepakkette om aan jou besigheid se behoeftes te voldoen.
Wanneer jy saam met Boermedia regstreeks uitsaai, plaas jy jou handelsmerk in die middel van die aksie – waar mense saamkyk, saam ervaar, en saam onthou.
Of dit nou ’n konferensie, ’n landbougeleentheid of ’n spesiale funksie is – ons span verseker dat jou gebeurtenis professioneel, duidelik en in hoë gehalte uitgesaai word. Jy hoef nie eens jou kantoor te verlaat nie, maar jy is daar – sigbaar, hoorbaar, en deel van die oomblik.
Boermedia doen meer as om net beeld en klank oor te dra. Ons help jou om ’n gevoel vas te vang. Ons verstaan dat dit nie net gaan oor wat mense sien nie, maar wat hulle ervaar. Jou byeenkoms word deel van ’n groter storie – en jou handelsmerk is daar waar dit saak maak.
Kontak ons: info@boermedia.co.za
Ons skep die inhoud - onthou om dit ook op jou platforms te deel.
Goue Pakket – R10 000
✅ L-vorm advertensie wat elke uur ingerol word;
✅ Jou besigheid se logo verskyn deurlopend op die skerm;
✅ 'n Regstreekse onderhoud met 'n verteenwoordiger van jou besigheid tydens die stroom;
✅ Besigheidsnaam en kontakbesonderhede in video-beskrywing;
✅ Logo en kort beskrywing in kommentare;
✅ Hoogtepunte video: Jou advertensie verskyn in 2 hoogtepunte videos na afloop van die geleentheid
Silwer Pakket – R5 000 per uitsending
✅ L-vorm advertensie wat elke uur ingerol word;
✅ L-vorm advertensie word deur Boermedia vervaardig;
✅ Besigheidsnaam en kontakbesonderhede in video-beskrywing;
✅ Logo en kort beskrywing in kommentare;
✅ Jy mag dele uit die lang video sny en op jou sosiale media plaas. Onthou om erkenning te gee deur "tagging" en "hashtags". So groei ons saam en vind kruisbestuiwing plaas.
Brons Pakket – R2 500
✅ L-vorm advertensie wat elke uur ingerol word
✅ L-vorm advertensie word vir jou gemaak. Hierdie video kan jy vir eie gebruik ook aanwend.
✅ Jou besigheid mag 'n advertensie-prentjie in die kommentare van die stroom plaas; ✅ Jy word aangemoedig om die uitsending te deel na jou sosiale media platforms. ✅ Jy mag dele uit die lang video sny en op jou sosiale media plaas. Onthou om erkenning te gee deur "tagging" en "hashtags". So groei ons saam en vind kruisbestuiwing plaas.
BOERMEDIA JAARPAKKET – R5 000 per maand
Met hierdie pakket stap jy vir 12 maande saam met BOERMEDIA en kry jy deurlopende advertensieblootstelling:
Ons maak vir jou 'n L-vorm advertensie;
Jou advertensie word weekliks (x4) in BOERMEDIA se vervaardigde videos ingesluit.
Jy kry gratis deelname aan enige livestreams wat in die SILWER-pakket val.
Elke plasing waarin jou advertensie verskyn word jou besigheid se besonderhede ge"tag".
Ons skep vir jou 'n inskrywing op Boermedia se webwerf en ons help jou om dit netjies en professioneel te laat lyk.
Ons vervaardig 'n spesiale gespreks/promosievideo vir jou besigheid, wat op al ons platforms gedeel word.
Jy kan weekliks jou eie bemarkingsmateriaal na Boermedia se sakenetwerk groep toe deel.
Laai jou besigheid op Boermedia se webwerf gratis en bou vir jou 'n aparte mini webwerf vir jou besigheid. Kliek op "sluit aan".
BOERMEDIA bied gereelde strategiegesprekke om te verseker dat jy maksimum waarde kry.
Nota: Vele van hierdie klein besighede getuig dat dinge begin gebeur het na hulle op Boermedia was.